Paniek-aanvalle in die soeklig

Die Suid-Afrikaanse Depressie en Angs-groep het môre tot Paniek-bewusmakingsdag verklaar om bewusmaking te skep en ondersteuning te verskaf vir ‘n toestand wat maklik behandel kan word. ‘n Woordvoerder, Kayla van Nieuwenhuizen, sê paniekversteuring kan ‘n ontstellende siekte wees wat groot ongemak, afsondering en beperkings in ‘n mens se lewe tot gevolg kan hê. Sy sê mense kan weer beheer van hul lewens neem: