Pandemie sal voortduur tot almal toegang tot entstof het

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê die Covid-19 pandemie kan nog tot middel volgende jaar duur. Dit is omdat armer lande sukkel om hul bevolkings in te ent as gevolg van ‘n gebrek aan voldoende entstowwe. Die helfte van die 52 Afrika-lande wat Covid-19 entstowwe ontvang het, het tot dusver net 2 present of minder van hul bevolkings ten volle ingeënt. Mike Ryan van die WGO sê dit is die grootste uitdaging om die pandemie hok te slaan.