Slypskool oor onwettige geldtransaksies aan die kus

Die Bank van Namibië, saam met die Verenigde Nasies en die ministerie van finansies, hou vandag en môre ‘n slypskool oor die definisies, skatting en verspreiding van statistieke oor onwettige finansiële transaksies. Die slypskool word in Swakopmund gehou. Die tipe van transaksies en fondse wat onwettig lande verlaat het nie net belastingontwyking tot gevolg nie maar, verswak ook staatsinstansies en laat korrupsie floreer. Die tipe transaksies is afkomstig van fondse wat deur kriminele aktiwiteit ingewin is en dan die land verlaat. Die vasteland verloor ongeveer 88,6 miljard Amerikaanse dollar, of 3,7 persent van sy totale BBP jaarliks in die tipe transaksies.