Pandemie: begrafnis skokke

Daar is groot kommer oor druk op families met party wat meer as een geliefde tydens die derde vlaag van Covid-infeksies moet begrawe. Die koste van ‘n begrafnis kan tot 25 000 dollar beloop vir die kis, betaling vir die graf, kos en blomme. Sommige families het tot sewe familielede verloor en sê die kostes is ondraaglik. Ander lede van die publiek het gesê hulle oorweeg dit om familielede eers by lykshuise te los omdat daar eenvoudig nie geld is om hulle te begrawe nie. Meeste dorpsrade en munisipaliteite, wat Walvisbaai, Rehoboth, Grootfontein en Otjiwarongo insluit, sê hulle sal families bystaan met die koste van die graf wat by die munisipale rekening bygevoeg kan word.