Malema sê verkiesing moet uitgestel word

Die leier van die EFF, Julius Malema, sal vanmiddag ‘n mondelinge voorlegging doen by die Ondersoek na ‘n Vry en Regverdige Munisipale Verkiesings gedurende Covid-19. Die voormalige adjunk-hoofregter Dikgang Moseneke het opdrag gekry om te bepaal of die huidige omstandighede bevorderlik is vir ‘n vry en regverdige verkiesing in Oktober. Malema het by verskeie geleenthede gevra dat die verkiesing uitgestel moet word omdat omstandighede weens Covid-19 politici verhinder om behoorlike verkiesingsveldtogte te voer: