Oos-Kaapse gesondheidsdiens: N$32 miljard in geregtelike eise

Die DA sê die finansiële status van die Oos-Kaapse gesondheidsdepartement is nie meer volhoubaar nie en die ineenstorting van die hele departement is onafwendbaar. ‘n DA-lid van die Wetgewer, Jane Cowley, sê die onvoorsiene uitgawes bestaan feitlik net uit geregtelike eise teen die departement en het gestyg tot 37 miljard Suid-Afrikaanse rand terwyl oplopings van meer as 4 miljard rand uit die vorige boekjaar die begroting byna uitgeput het. Cowley sê ‘n dringende herstelplan is hierdie maand al nodig: