Palliatiewe-sorgeenheid was logiese volgende stap vir Kankervereniging

Kankerpasiënte in Namibië sal binnekort ‘n broodnodige palliatiewe-sorgeenheid tot hul beskikking hê. Die Kankervereniging sê hy is tans besig om die aankoop van die grond te finaliseer. Die eenheid sal teen ‘n koste van 10 miljoen Namibiese dollar opgerig word. Die vereniging se uitvoerende hoof Rolf Hansen sê dis ‘n logiese stap in die groei van die vereniging.