Meghan steek Josh Rogan verby as gewildste potgooi

Meghan Markle se aanlyn uitsending, Archetypes with Meghan, het die eerste plek in Amerika bereik en dié land se gunsteling aanlyn-uitsaaier, Joe Rogan, onttroon. Die hertogin van Sussex het die  uitsending wat uit 12 dele bestaan, verlede Dinsdag bekend gestel met haar vriendin, die tennisspeler Serena Williams, as die eerste gas. Markle en Williams het die idee van ambisie bespreek en hoe dit vir mans en vroue verskil. Die uitsending is op Spotify beskikbaar en is deel van winsgewende ooreenkomste wat Markle en prins Harry gesluit het.