Baas, miesies, armoede en nuwe helde – wat was dan Hage se werk?

Reaksie word ontvang op uitlatings deur President Hage Geingob, wat weer apartheid en kolonialisme blameer, die keer by die 32ste Heldedag-herdenking wat Saterdag op Mariental plaasgevind het, vir armoede. Hy sê die stelsel van ‘baas’ en ‘miesies’ is steeds vandag sigbaar in die land, in die vorm van armoede, en, dat die land nuwe helde nodig het vir ekonomiese vryheid. Die leier van die Popular Democratic Movement-party, McHenry Venaani, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.