Tiger Woods se droom by Meesters vervaag

Gholf: Tiger Woods het sy swakste telling ooit by die Meesters opgestel met ‘n syfer van 78, ses meer as baansyfer. Dit was in die derde ronde by Augusta. Woods sê ‘n syfer van 66 vandag sal die naweek vir hom suksesvol maak. Die wêreld se nommer-een-speler, Scottie Scheffler van Amerika, se voorsprong het tot drie houe gekrimp na sy ronde van een onder baansyfer, met 71 houe. Charl Schwartzel van Suid-Afrika en Shane Lowry van Ierland is saam in die vierde plek met twee onder baansyfer na hulle albei ‘n telling van 73 behaal het.