Pakistan is op die rand van ‘n ramp

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê Pakistan is op die rand van ‘n openbare ramp. Die land steier nadat 2 000 hospitale en gesondheidsentrums tydens onlangse oorstromings beskadig of vernietig is en waarin byna 1 700 mense dood is. Die WGO se direkteur-generaal, Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê daar is nou uitbrekings van malaria, cholera en dengue-koors in Pakistan. Hy sê na raming skenk meer as 2 000 vroue per dag in onveilige toestande geboorte.