Rilee sê sy eerste honderdtal is spesiaal

Die Suid-Afrikaner Rilee Rossouw het sy eerste internasionale T20-honderdtal as spesiaal beskryf. Hy het ‘n onoorwonne 100 van net 48 balle behaal om die Proteas in die derde en laaste T20 in Indore na ‘n gemaklike oorwinning van 49 lopies teen Indië te lei. Quinton de Kock het 68 lopies van 43 balle gemoker. Rossouw sê sy eerste T20-honderdtal teen ‘n wêreldgehalte-span soos Indië is iets waarvan ‘n krieketspeler droom: