Ramaphosa loof onderwysers se bydraes aan SA se ontwikkeling

President Cyril Ramaphosa sê onderwysers is verantwoordelik vir die ontwikkeling van die land se waardevolste hulpbron – sy kinders. Die president het die nasionale algemene raad van die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersvakbond in Kemptonpark toegespreek. Wêreld-onderwysersdag word vandag herdenk. Ramaphosa het ‘n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om na te dink oor die belangrike rol wat onderwysers speel in die bevordering van die mens se algehele vooruitgang, en om dit te vier: