Pakistan doen beroep vir internasionale bystand

Die Pakistanse regering doen ‘n beroep op meer internasionale hulp na dodelike oorstromings in die land. Die dodetal na die moessonreën staan nou op 1 033, met 119 sterftes die afgelope 24-uur. Die VSA, die Verenigde Koninkryk en die Verenigde Arabiese Emirate het reeds hulp aan Pakistan voorsien. Befondsing van verskeie ontwikkelingsprojekte is ook na slagoffers herlei. ’n Regeringsamptenaar het intussen die huidige dodelike moessonseisoen as ’n ernstige klimaatkatastrofe beskryf. Die buitengewone moessonseisoen het reeds meer as 33 miljoen mense geraak.