McIlroy maak weer geskiedenis

Rory McIlroy van Noord-Ierland het geskiedenis gemaak deur die eerste speler te word wat die FedEx-beker in die PGA-toernooikampioenskap drie keer kon wen. Hy het korte mette gemaak van Scottie Scheffler se voorsprong van ses houe en eerste geëindig voor die Amerikaner en Sungjae Im van Suid-Korea. Die 33-jarige speler het in die laaste ronde vier-onder-baansyfer 66 behaal om op 21 onder syfer klaar te maak. McIlroy, wat 305 miljoen Namibiese dollar in sy sak steek nadat hy die PGA-toernooi se laaste titel van die seisoen ingepalm het, sê dis ‘n bevredigende oorwinning: