Namibiese Sprinkaanplaag-bystandfonds gestig

Met die verskriklike sprinkaanplaag nou in die suide van Namibië vra die Namibiese Sprinkaanplaag-bystandfonds hulp van die publiek vir ondersteuning deur fondse, brandstof of spuit-toerusting aan te bied. Boere wat hulp nodig het kan solank vorms invul. Henriëtte le Grange van Droogtehulp Namibië gesels met Kosmos 94.1 Nuus.