Padwedlope: Meer as 40 Namibiese atlete spring weg in Comrades

Padwedlope: Meer as 40 Namibiese atlete neem vandag aan die 96ste Comrades-marathon deel wat in Pietermaritzburg begin het. Die Suid-Afrikaanse Polisiekommissaris Fannie Masemola sê meer as 200 polisiebeamptes neem deel aan die afdraand-marathon van 87,7 kilometer na Durban. Die polisiewoordvoerder in KwaZulu-Natal, Robert Netshiunda, sê maatreëls is getref om te verseker geen voorval ontsier die Comrades nie.