Aktivis: Jerry moet weer die Grondwet lees

‘n Aktivis het haar reaksie op die uitlatings van die Swapo-veteraan Jerry Ekandjo gegee wat in die parlement uitgevaar het teenoor homoseksualiteit. Ekandjo is reeds jare bekend vir sy standpunt teen homoseksualiteit, en het destyds ook, saam met stigterspresident Sam Nujoma, teen die LGBTQ-gemeenskap uitgevaar. Hy sê hy was nie verniet vir jare agter tralies op Robben-eiland en het vir Namibië geveg sodat homoseksualiteit bevorder word nie. Hy het nog ander vulgêre aanmerkings oor gay en lesbiese mense gemaak. Aktivis Mama Africa het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en gesê hulle is nie Ekandjo se kinders nie.