Afrika Ontwikkelingsbank befonds Rwandese waterprojek

Die Afrika Ontwikkelingsbank sê die waterprojek in Rwanda wat hy befonds het nou toegang tot verbeterde waterdienste verseker vir 500 000 mense in Kigali en die omliggende gebiede. Die Kigali Bulk Water Supply Project, wat in 2021 voltooi is, was die bank se eerste privaatsektor-onderneming in die land. Dit het die installering van ‘n nuwe waterbehandelings-aanleg behels, asook die sink van nuwe putte en die rehabilitasie van ou boorgate. Die moniterings- en evaluasie-spesialis van die Water and Sanitation Corporation, Speciose Nyirabahire, sê daar is 68 waterpunte in die Bugesera-distrik geïnstalleer, as deel van die projek.