Padvragvereniging in SA bekommerd oor plundering

Die uitvoerende hoof van die Padvragvereniging in die buurland, Gavin Kelly, sê die plundering en gewelddadige aanvalle op logistieke voertuie met padvrag begin nou om die land se status as ‘n beleggingsbestemming en ‘n doeltreffende logistieke spilpunt vir buitelandse handelaars, ongedaan te maak. Aanvanklik was daar sporadiese voorvalle op een of twee roetes, maar dit het die norm op alle roetes vir die totale produk-aanbod geword. Kelly sê 80 persent van Suid-Afrika se goedere word per pad vervoer.