Frans Kapofi onttrek as Swapo-kandidaat vir vise-presidentskap

‘n Namibiese politieke ontleder het gereageer op die Namibiese minister van verdediging, Frans Kapofi, se onttrekking aan die Swapo-party se vise-presidentskaps-wedloop. Kapofi het die Swapo-president Hage Geingob vandag formeel ingelig dat hy, nadat hy sy familie geraadpleeg het, onttrek. Eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila, haar adjunk en die party se huidige vise-resident Netumbo Nandi-Ndaitwah, en die omgewingsminister, Pohamba Shifeta, bly in die wedloop vir die pos as vise-president in die party. Politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanya gee sy mening aan Kosmos 94.1 Nuus.

Hy sê dit kan te doen hê ná besprekings binne die party plaasgevind het.