Padveiligheid: 73 ongelukke, 9 dood in een week

Die Motorvoertuig-ongelukkefonds sê in sy jongste opdatering dat daar tussen 3 en 11 Desember reeds 73 motorongelukke met 96 beserings en nege sterftes aangemeld is. Tydens verlede jaar se feestyd, van 22 November tot 2 Januarie, is 54 mense op die land se paaie dood met 28 persent van alle ongelukke wat voetgangers ingesluit het. Die padveiligheidsveldtog vir die huidige feesseisoen strek van 17 November tot 15 Januarie.