DA hof toe oor Floyd Brink

Die DA in Johannesburg het hofstukke op die stad beteken vir wat hy noem, die moedswillige minagting van die hof, met Floyd Brink se heraanstelling as stadsbestuurder. Die Hooggeregshof in Gauteng het beslis Brink se aanstelling is onwettig, ongrondwetlik en ongeldig. Die raad het egter intussen ‘n geheime verslag aanvaar om Brink weer aan te stel. Belinda Kayser van die DA, sê hulle vra die hof om enige dienskontrak of prestasiekontrak met Brink ook onwettig te bevind: