Rafah loop deur onder vlugtelinge, dienste sukkel

Die Verenigde Nasies se humanitêre koördineerder, Lynn Hastings, sê die toenemende vyandelikhede in Gaza het byna die helfte van die bevolking na Rafah in die suide laat stroom, wat die ernstige gesondheids- en hongersnoodkrisis vererger. Byna 20 000 mense is dood sedert die konflik tussen Israel en Hamas op sewe Oktober begin het. Hastings sê in Gaza versprei aansteeklike siektes, skuilings is oorvol, en die oorgrote meerderheid mense het nie genoeg kos of water nie: