Padtenders: Namibiërs suip weer aan agterspeen

Altesaam 13 Chinese maatskappye het uit 17 internasionale maatskappye aansoek gedoen vir die tender van sowat 300 miljoen Namibiese dollar vir padrehabilitasie-projek van 30 kilometer tussen Karibib en Usakos aansoek. Volgens die Tender Bulletin het vier Suid-Afrikaanse maatskappye in gesamentlike ondernemings met Namibiërs getender. Die Konstruksiebedryf-federasie van  Namibië, se uitvoerende hoof, Bärbel Kirchner, sê ten spyte van hul pogings om met die Padowerheid te onderhandel om onrealisties hoë voorkwalifikasie-kriteria vir die projek te verander, het hulle nie daarin geslaag nie. Geen Namibiese kontrakteurs kon op hul eie aan die tenderproses deelneem nie. Uitstel vir sperdatum van die tender is op versoek van die federasie tot Januarie 2023 uitgestel, maar die Padowerheid het dit weer vervroeg, wat plaaslike kontrakteurs uitgesluit het.