Kaap gee meer geld vir menslike nedersettings

Die begroting van die Wes-Kaapse Departement van Menslike Nedersettings vir die boekjaar 2022/2023, is met 63 miljoen Suid-Afrikaanse rand opwaarts aangepas. Dit beteken ‘n algehele begrotingsverhoging van 2,4 miljard rand tot byna 2,5 miljard rand vir die huidige boekjaar. Die LUR van Infrastruktuur, Tertuis Simmer, sê bykomend hiertoe is fondse ten bedrae van sowat 35 miljoen rand van die Bate Finansierings-surpluskapitaal af verskuif om die verskaffing van behuisingsgeleenthede te versnel: