Padsterftes: jonges maak meerderheid uit

Volgens die Motorvoertuig-ongelukkefonds verteenwoordig mense tussen 16 en 35 jaar oud die grootste groep slagoffers van padongelukke in 2020 in Namibië. Jonger mense verteenwoordig 39 persent van ongelukslagoffers in 2020, asook die vorige jaar, lui die 2020 Padongelukke- en Eise-verslag wat die fonds uitgereik het. ‘n Afname van 24 persent is in 2020 in padsterftes waargeneem, maar ongelukke bly een van die grootste oorsaak van sterftes in Namibië.