UCT ondersoek variant-bestande entstof

‘n Covid-19 proef-entstof is tans in ‘n fase een-proefneming wat deur die Universiteit van Kaapstad gedoen word. Die entstof se unieke ontwerp kan dalk tot gevolg hê dat dit beter beskerming bied teen huidige en toekomstige variante van die virus. Media in die buurland berig dat die proefneming se eerste fase in Maart by die Wellcome-sentrum vir navorsing in oordraagbare siektes in Afrika se kliniese navorsingsperseel in Khayelitsha begin het. ‘n Medenavorser, Graeme Meintjes, sê entstowwe word gewoonlik eers goedgekeur nadat die uitslag van fase drie-proefnemings gepubliseer is.