Padongelukke kos SA R188 miljard per jaar

Padongelukke kos Suid-Afrika 188 miljard Suid-Afrikaanse rand per jaar. Volgens die minister van vervoer kan meer as 90persent van die ongelukke aan die menslike faktor toegeskryf word wat sonder uitsondering met oortredings van die padreëls verband hou. Hy vra motoriste om oor die feestyd uiters versigtig te wees en om waaksaam te bly aangesien padongelukke ʼn groot las op die ekonomie plaas. Hy voeg by dat dit van die uiterste belang is dat bestuurders wat verantwoordelik is vir noodlottige ongelukke daarvoor aanspreeklik gehou word.