Tom Cruise kuier weer in SA

Die Amerikaanse akteur Tom Cruise, wat fliekvlooie vanjaar gaande gehad het oor die rolprent Top Gun: Maverick, is weer in Suid-Afrika in Johannesburg gesien. Hy was hier vir die verfilming van Mission: Impossible 8 wat gedeeltelik in Suid-Afrika verfilm word. Cruise het by die Killarney-buiteklub in Johannesburg in ‘n Bell 407-helikopter geland. Cruise, wat in Julie sy 60ste verjaardag gevier het, het drie weke in KwaZulu-Natal se middellande verfilm. Mission Impossible 7 word eers in 2023 uitgereik en Missio: Impossible 8 in 2024.