Pad tussen Aussenkehr en Rosh Pina heropen

Die Namibiese Padowerheid het aangekondig die pad tussen Aussenkehr en Rosh Pinah in die Suide heropen het wat verlede maand gesluit het weens vloede in die Oranjerivier. Die woordvoerder van die owerheid, Hilleni Fillemon, doen ‘n beroep op motoriste versoek om enige slaggate en padskade by hul naaste kantoor aan te meld.