COP19: Gemeenskappe het steeds geen sê in natuur

Die Cites CoP19-beraad het voorgestelde wysigings verwerp wat Namibië saam met Kambodja en Zimbabwe ingedien het oor die kriteria vir die wysiging van Aanhangsels I en II om lewensbestaan en voedselsekerheid in te sluit. Nog ‘n voorstel wat Namibië saam met Eswatini en Zimbabwe ingedien het, is om deelname aan Cites-besluitnemingsprosesse vir landelike gemeenskappe moontlik te maak, aangesien dié gemeenskappe die bewaarders van die natuur en hulle onderhewig is aab mens-dier-konflik. Woordvoerder van die omgewingsministerie, Romeo Muyunda, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hierdie kwessie sal hanteer word tydens besprekings by ’n intersessie-werkgroep wat deur die betrokke staande komitee gestig sal word onder die agendapunt oor die betrokkenheid van inheemse groepe en plaaslike gemeenskappe.