Vier sokkerspanne bly oor in Wêreldbeker

Sokker: Vier spanne bly oor in die Wêreldbeker in Katar. Argentinië, Kroasië, Frankryk en Marokko hoop elkeen om die beker eerskomende Sondag omhoog te hou. Min mense sou voor die aanvang van die toernooi hierdie spanne vir die halfeindstryde kon voorspel. Lionel Messi se Argentinië speel teen die finalis van 2018, Kroasië, en môre is dit die verdedigende kampioen, Frankryk teen Marokko − die groot verrassing van die toernooi en die eerste land uit Afrika wat in ʼn halfeindstryd by die Wêreldbeker gaan speel. Die afskoptyd vir albei wedstryde is om nege-uur, Suid-Afrikaanse tyd.