Paaie in buurland nog besig

In die buurland verwag die N3-tolkonsessie nog ‘n besige naweek op die roete tussen KwaZulu-Natal en Gauteng. Hoë verkeersdruk van 1 500 en 2 000 voertuie per uur word môre en Sondag in ‘n noordwaartse rigting verwag. Die bedryfsbestuurder van die N3-tolkonsessie, Thania Dhoogra, sê die besige toestande sal waarskynlik vroeg volgende week voortduur omdat die binnelandse skole Woensdag heropen.