AfriForum reageer op pensioenvoordele vir militêre veterane

AfriForum is gekant teen die voorgestelde konsep-wysigings aan die regulasies vir pensioenvoordele vir militêre veterane soos vir openbare kommentaar gepubliseer deur die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Thandi Modise. AfriForum se woordvoerder vir gemeenskapsveiligheid, Jacques Broodryk, sê die regulasies is diskriminerend en ongrondwetlik aangesien dit slegs voorsiening maak vir pensioenvoordele aan drie uitgesoekte nie-statutêre magte – Umkhonto we Sizwe, Azanian People’s Liberation Army en die Azanian National Liberation Army.