Jy mag nou dagga in New York koop

Die eerste openbare verkope van gereguleerde dagga in New York het begin in Manhattan se East Village. Die Housing Works Cannabis Company het die eerste gelisensieerde apteek in die staat geword wat sy deure oopgemaak het vir handel in dagga. Die goewerneur van New York, Kathy Hochul, sê die apteek word bedryf deur Housing Works, ‘n nie-winsgewende organisasie wat mense met MIV en vigs bedien, asook baie mense wat haweloos is of in die gevangenis was. Die winkel is sewe dae per week oop en alle opbrengste gaan aan Housing Works se netwerk van liefdadigheids-winkels.