Oyo en Nigeriese danser dans vanaand by FNCC

“Namibia meets Nigeria” is ‘n dansvertoning wat die Oyo-dansgroep vanaand gratis by die Franco-Namibiese Kultuursentrum in die hoofstad aanbied. Die bekende Nigeriese danser Sunday Obiajulu Ozegbe, algemeen bekend as Valu, sal sy danstalent in Nigeriese styl ten toon stel. Dr. Philipe Talavera, die direkteur van Oyo sê aan Kosmos 94.1 Nuus die vertoning begin vanaand sewe-uur .