Moord op vroue styg met 24% in Wes-Kaap

Inwoners van Delft in die Wes-Kaap sê hulle leef in vrees aangesien die moordsyfer in die gebied toeneem. Die inwoners doen ‘n beroep op die provinsiale regering om polisie-sigbaarheid te verhoog. Delft het die hoogste aantal moorde in die provinsie, asook nasionaal. Onlangse verslae toon dat vrouemoord in die provinsie tussen April en Junie vanjaar met 24 persent toegeneem het. Die LUR vir polisie-oorsig en gemeenskapsveiligheid, Reagen Allen, sê wetstoepassing moet na die Wes-Kaap afgewentel word.