Namibiese vulstasie-eienaars sê die ministerie luister na hul versoeke

Namibiese vulstasie-eienaars sê die ministerie van myne en energie het na hul versoeke geluister. Na die onlangse vergadering tussen die brandstof-kleinhandelaars en die ministerie van myne en energie is die winsmarge met 50 sent a liter van 113 sent tot 163 sent opgestoot. Die vulstasie-eienaars het op ‘n stadium gedreig om te staak indien hulle eise nie aangespreek word nie. En daar was nog eise soos bankfooie, bankkaart-kommissies en meer. Fafa se ondervoorsitter, Deklen Viviers, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die kommunikasie met die ministerie is aan die gang.

Hy het ook gesê daar is een of twee versoeke wat nie volledig afgehandel is nie.