Oxford-AstraZeneca weer die nuus

Brittanje se medisyne-reguleerder sê sewe van die 30 mense wat bloedklonte ontwikkel het nadat hulle met die Oxford-AstraZeneca-entstof ingeënt is, het gesterf. Brittanje se erkenning van die sterftes volg nadat ‘n aantal Eruopese lande hul gebruik van die AstraZeneca-entstof opgeskort het weens die moontlike verband met bloedklonte. Nederland ent sedert Vrydag nie meer mense jonger as 60 met die entstof in nie, nadat vyf vroue bloedklonte ontwikkel het. Een van hulle is dood. Duitsland het vroeër verlede week dieselfde gedoen.