Proteas en Pakistan speel tweede eendagtoets vandag.

Die Proteas en Pakistan se tweede eendagwedstryd vandag is ook die jaarlikse Pienk Dag-wedstryd op die Wanderers in Johannesburg. Dit is vandag die tiende keer dat dié Pienk Dag ten bate van borskanker plaasvind. Die geld sal aan die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg geskenk word vir navorsing oor borskanker. Die wedstryd vind weens Covid-19 sonder toeskouers plaas, maar ondersteuners kan bydra deur virtuele kaartjies te koop of geld te skenk deur ‘n SMS aan ‘n fondsinsamelingslyn te stuur. Pakistan het die eerste wedstryd in die reeks van drie wedstryde met drie paaltjies gewen.