Ovaherero-opperhoof verwerp ooreenkoms

Die Ovaherero-opperhoof, Vekuii Rukoro, het vanmiddag die voorgestelde ooreenkoms, wat individuele vergoeding vir mense wat deur die volksmoord geraak word, verwerp. Dit volg ná die spesiale gesant van Namibië oor die volksmoord van die Nama en Herero van 1904-1908, dr. Zed Ngavirue, op Twitter bevestig het dat hulle positiewe gesprekke met die Duitse regering oor die aangeleentheid gehad het. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hy en sy span het vandag aan die kabinet verslag oor die kwessie gedoen en die President sal verder terugvoering gee.