Minder toetse, minder Covid-gevalle

Die Namibiese gesondheidsministerie het vandag 171 nuwe Covid-19-gevalle in agt streke uit slegs 723 toetsresultate bevestig. In die groep is 20 leerders, 3 onderwysers, 5 studente en 10 gesondheidswerkers. Daar is 3 207 aktiewe gevalle met 242 mense in hospitale, waarvan 51 in hoësorgeenhede is. Tien sterfgevalle is in onderskeidelik Windhoek, Mariental, Rehoboth en Swakopmund aangemeld.