Een van vyfling sterf

Hilia Kalume, wat op 17 Mei in Windhoek geboorte aan ‘n vyfling geskenk het, het gesê haar jongste babadogtertjie het Vrydag gesterf. Die ander vier babas – drie seuntjies en ‘n babameisie – is na die Rhino Park Private Hospital vir behandeling en waarneming oorgeplaas. Die goewerneur van die Khomas-streek, Laura McLeod-Katjirua, spreek haar innige simpatie teenoor die familie uit.