Outoriksja-eienaar bied gratis ambulansdiens

‘n Outoriksja-eienaar in die Indiese stad Bhopal was so geraak toe hy sien mense abba korona-pasiënte hospitaal toe, dat hy besluit het om ‘n plan te maak. Volgens internasionale berigte het Mohammad Kahn sy vrou se juweliersware verkoop en sy driewiel-riksja in ‘n gratis klein ambulans verander. Hy het dit met ‘n suurstofsilinder en ‘n suurstofmeter toegerus. Indië beleef ‘n geweldige Covid-krisis wat die land se gesondheidstelsel onder uiterste druk plaas.