Caster in die sop oor spoed

Die Suid-Afrikaanse middelafstand-atleet Caster Semenya sal na verwagting gemeenskapsdiens moet doen nadat sy verlede week in Pretoria weens spoed in hegtenis geneem is. Die 800 meter Olimpiese en wêreldkampioen is op die N14-snelweg vasgetrek omdat sy na bewering roekeloos of nalatig bestuur het. Sy is op borgtog van N$500 vrygelaat. Volgens berigte het personeel van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling reeds ‘n vergadering met Semenya gehad waarin hulle die voorgestelde 50 uur gemeenskapsdiens bespreek het.