Outa wil sy oorsigverslag met parlement bespreek

Die Organisasie teen Belastingmisbruik hoop om proaktief met die Suid-Afrikaanse Parlement in gesprek te tree om sy vierde jaarlikse parlementêre oorsigverslag voor die einde van vanjaar te bespreek. Die organisasie het die verslag wat op die Nasionale Vergadering en die portefeuljekomitees toegespits is, aan die Parlement oorhandig. Volgens ʼn woordvoerder van Outa, Rachel Fischer, is die doel van die organisasie om nouer samewerking tussen die burgerlike samelewing en die Parlement te bevorder: