Ruimte-klippie kom naby aan die aarde verby vandag

Nasa sê ‘n asteroïde, 2022 RM4, wat amper so groot soos die hoogste gebou in Dubai is sal teen ‘n spoed van sowat 84 500 kilometer per uur, of te wel, 68 keer die spoed van klank, verby die aarde beweeg. Die asteroïde is slegs verlede maand ontdek en bereik vandag sy naaste punt aan die aarde van sowat 2,3 miljoen kilometer. Dit is ses keer die afstand tussen die maan en die aarde. In kosmiese terme word dit as naby beskou.