Namibiese afvaardiging vir COP27 môre bekend

Die Namibiese omgewingsministerie sal na verwagting môre sy afvaardiging wat die COP27-beraad in Sharm El-Sheikh in Egipte sal bywoon, bekend maak. Die adjunkminister Heather Sibungo sal ook môre verskeie borge, wat die afvaardiging moontlik maak, bekend maak. COP27, wat van 6 tot 18 November plaasvind, kom te midde van ‘n uitdagende jaar met brande, storms en droogtes wat regoor die wêreld voorgekom het. Intussen het koning Charles, wat bekend is vir sy klimaataktivisme terwyl hy prins was, bevestig hy sal nie die beraad bywoon nie. Die Amerikaanse gesant vir die klimaat, John Kerry, sê alle lande is van koers af om enige teikens te bereik.