Outa verwelkom gesprek oor waterregulering

Die Suid-Afrikaanse Organisasie teen Belastingmisbruik, Outa, sê hy is bemoedig deur die parlement se bereidwilligheid om die instelling van ‘n onafhanklike waterreguleerder te oorweeg. Nes in Namibië, is waterbesoedeling ‘n groot uitdaging in die buurland. Die voorsitter van die portefeuljekomitee oor menslike nedersettings, water en sanitasie, Rosina Semenya, het Outa en Water Shortage South Africa versoek om hulle bevindings en aanbevelings oor die saak by haar kantoor in te dien. Julius Kleynhans van Outa sê steun van die parlement is noodsaaklik want die daarstelling van ‘n onafhanklike waterreguleerder vereis ‘n wysiging in die wetgewing: